Skip to content

Krieket: Openingswedstryd van Vroue-Wêreldbeker stel bywoningsrekord op

# Krieket: Die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi vir vroue tussen die gasvroue, Indië en Sri Lanka, in Guwahati het ‘n bywoningsrekord vir ‘n openingsdag gestel. Die 22-duisend-843 toeskouers is die meeste wat nog ‘n groepswedstryd op enige Wêreldbekertoernooi bygewoon het. Die vorige rekord van 15-duisend-935 is opgestel gedurende verlede jaar se Groep A-wedstryd tussen Indië en Pakistan in die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Indiese krieketlegende Sachin Tendulkar sê hierdie mylpaal stuur ‘n sterk boodskap dat vrouekrieket nie net toejuiging verdien nie, maar ook gelyke respek.