# Krieket: Die Indiese Premierliga is vir ‘n onbepaalde tyd opgeskort weens die dodelike militêre konflik tussen Indië en Pakistan. Die besluit is geneem nadat ’n wedstryd gister in Dharamsala gestaak is – minder as 200-kilometer van die noordelike stad Jammu waar ontploffings ure tevore aangemeld is. Indië het vandag op die derde dag van vyandighede gesê dat hy oornag ’n vlaag Pakistanse hommeltuig- en artillerie-aanvalle afgeweer het. Owerhede in Pakistan het meer burgerlike sterftes aangemeld. Pakistan het vroeër die oorblywende wedstryde van sy T20-liga na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif.
Krieket: IPL vir onbepaalde tyd opgeskort weens militêre konflik tussen Indië en Pakistan