# Krieket: Die verdedigende Indiese Premierliga-kampioen, Royal Challengers Bengaluru, kan moontlik binnekort te koop wees – teen ‘n verstommende 35-miljard-rand. Die eienaars, United Spirits Limited, het aan die Mumbaise Aandelebeurs gesê hulle het begin met ‘n strategiese hersiening van hul belegging in RCB. Volgens uitvoerende hoof Praveen Smoeshwar was die span ‘n waardevolle en strategiese bate, maar is nie die kern van hul drank-onderneming nie. Die eienaars oorweeg dit glo onder meer om minstens ‘n deel of die hele span te verkoop, wat die vrouespan insluit.
Krieket: IPL-kampioen RCB is moontlik te koop vir tot R35-miljard