# Krieket: Die gewese Engelse snelbouler James Anderson is ridderskap toegestaan in die gewese eerste minister, Rishi Sunak, se bedankings-vereringslys. Andersen het in Julie verlede jaar uit toetskrieket getree nadat hy 704 paaltjies geneem het – die meeste vir ‘n snelbouler in die geskiedenis van toetskrieket. Die 42-jarige speel steeds vir Lancashire, maar het die begin van die Engelse graafskapseisoen misgeloop weens ‘n beenbesering. Die vereringslys is ‘n tradisie wat uittredende eerste ministers die geleentheid gee om mense te benoem vir ridderskap.
Krieket: Gewese Engelse snelbouler Anderson kry ridderskap