Skip to content

Kragtige aardbewing tref suide van Japan, vrese vir sterftes ná ontploffing by winkelsentrum

# ‘n 7,1-sterkte aardbewing het vroeër vandag Japan se suidelike Kumamoto-provinsie getref. Die kragtoevoer na duisende huise is onderbreek, paaie het gebars en sommige mense is vasgekeer en ander vermoedelik dood in ‘n winkelsentrum wat gedeeltelik ineengestort het. Die middelpunt was ongeveer 20-kilometer suid van die grootste stad op die sentrale Kyushu-eiland, Kumamoto, met ‘n bevolking van ongeveer 700-duisend inwoners. Japan is een van die lande in wêreld wat die ergste deur aardbewings getref word, met ‘n trilling min of meer elke vyf minute. Byna 20-persent van die wêreld se aardbewings van 6.0 of sterker kom in Japan voor.