# ‘n Kragtige aardbewing met ‘n sterkte van 6.3 het die noorde van Afganistan vroeg vanoggend getref. Minstens 20 mense is dood en meer as 320 beseer. Die middelpunt was naby een van die digsbevolkte stede in die noorde van die land, Mazar-i-Sharif. Geboue is beskadig, onder meer die bekende landmerk, die Blou Moskee. Die perseel is een van Afghanistan se argitektuurskatte en ‘n belangrike bestemming vir pelgrims. Gesondheidsbeamptes sê die dodetal sal waarskynlik styg namate reddingspogings voortduur.
Kragtige aardbewing tref noorde van Afganistan, minstens 20 sterf