# ‘n Kragtige aardbewing met ‘n meting van 8,8 het Rusland se verre oostelike Kamchatka-skiereiland getref wat gelei het tot tsoenami-waarskuwings in dele van Moskou, Japan, die Amerikaanse Weskus, die Filippyne en Indonesië. Verskeie mense is beseer terwyl owerhede waarsku oor sterk naskokke. Die skiereiland het reeds die afgelope tien dae ‘n reeks aardskokke ondervind. Nieu-seeland se rampbestuursagentskap waarsku intussen die land se kusgebiede kan sterk en ongewone seestrome en onvoorspelbare golwe verwag.
Kragtige 8,8 aardbewing tref Rusland en lei tot tsoenami-waarskuwings in verskeie lande