# Die Internasionale Hernubare Energie-agentskap sê die wêreldwye uitbreiding van hernubare energie sal na verwagting vanjaar verlangsaam, na vyf agtereenvolgende jare van groei. Die agentskap sê onvoldoende elektrisiteitsnetwerke en handelsversperrings beperk nuwe installasies. Die direkteur-generaal, Francesco La Camera, sê lande sukkel om al die elektrisiteit wat uit hernubare bronne opgewek word aan verbruikers te lewer. Hy sê sterker transmissie-infrastruktuur is noodsaaklik om verdere uitbreiding te ondersteun. La Camera sê China moes reeds beskikbare skoon energie laat verlore gaan weens netwerkbeperkings.
Kragnetwerk-beperkings bedreig groei van hernubare energie