Skip to content

KPMG sê Suid-Afrika se mynboubedryf kan weer volhoubaar produseer

# Die rekeningkundige firma, KPMG, sê waar aanvraag en marktoestande gunstig is, kan Suid-Afrika se mynboubedryf steeds sterk produksiegroei behaal. Mynbouproduksie het in die derde kwartaal met ses-persent afgeneem vergeleke met die tweede kwartaal, met ʼn jaar-tot-jaar afname van 10,7-persent in September. Negatiewe produksie in die derde kwartaal word toegeskryf aan die platinum-groep metale, ystererts en steenkool. KPMG sê betekenisvolle vordering teen beperkings, insluitend betroubare spoorweë en koste van elektrisiteit, sou die sektor ’n baie sterker platform bied vanwaar hy na volhoubare produksie kan terugkeer.