# Die Universiteit van die Vrystaat het die Groener SA-inisiatief bekendgestel. Dis ‘n vyfjaarprojek om 400-duisend bome regoor Suid-Afrika te plant. In samewerking met die regering, die Mastercard-stigting en Ruforum, is die inisiatief daarop gemik om volhoubaarheid, agri-bosbou en boerebemagtiging te bevorder. Die eerste 100 bome geborg deur die Empact-groep is reeds by die Paradys-proefplaas in Bloemfontein geplant. Die universiteit het geleenthede vir studentenavorsing, werkskepping en omgewingsbewaring uitgelig, terwyl kenners die rol van geïntegreerde agri-bosbou in die bevordering van biodiversiteit, voedselsekerheid en veerkragtigheid beklemtoon het.
Kovsies stel 400 000 bome Groener SA-inisiatief bekend