Skip to content

Koshuisbestuurder wat aangekla is van moord op student, is borgtog toegestaan

# Die koshuisbestuurder van die Walter Sisulu Universiteit wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n student, Sisonke Mbolekwa noodlottig geskiet het, is borgtog van tien-duisend-rand toegestaan. Manelisi Mampane het in die Mthatha-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Die voorval het plaasgevind tydens studentebetogings oor swak lewensomstandighede by die universiteit. Mampane beweer hy het waarskuwingsskote uit selfverdediging afgevuur.