Skip to content

Korrektiewe Dienste open skool en bakkery in Standerton-gevangenis

# Die Departement van Korrektiewe Dienste het vandag die Zuzicebo Senior Sekondêre Skool en ‘n bakkery by die Standerton Korrektiewe Sentrum in Mpumalanga geopen. Die skool, wat in 2024 geregistreer is, onderrig tans 41 leerders in Graad 8 en 9, met planne om teen 2026 uit te brei na Graad 10. Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, sê die inisiatief bevorder die rehabilitasie van misdadigers. Hy sê die nuwe bakkery, wat deur 30 gevangenes bedryf word, lewer daagliks twee-duisend-880 brode vir die Bethal- en Witbank-fasiliteite.