# Die Konstitusionele Hof het hierdie week ‘n saak aangehoor oor Suid-Afrika se verpligtinge om asielsoekers te beskerm wat in hul geboortelande vervolg kan word. Die saak hou verband met twee Burundiese burgers wat tussen 2008 en 2012 na Suid-Afrika gevlug en ingevolge die Wet op Vlugtelinge om asiel aansoek gedoen het. Binnelandse Sake het dit geweier nadat bevind is hulle kon nie bewys hulle sal in gevaar verkeer in hul geboortelande nie. Laywers for Human Rights voer aan dis in stryd met Suid-Afrika se binnelandse en internasionale regsverpligtinge.
Konstitusionele Hof oorweeg Suid-Afrika se plig om asielsoekers te beskerm