# Charles het vandag die eerste hoof van die Anglikaanse Kerk geword om in die openbaar saam met ‘n pous te bid. Die diens is in die Sistynse Kapel in die Vatikaan gehou, gelei deur pous Leo en uitgesaai deur die Vatikaan se amptelike nuusdiens. Dit het plaasgevind tydens die 76-jarige Charles en koningin Camilla se staatsbesoek. Dit is die eerste keer dat ‘n regerende Engelse of Britse monarg in die openbaar saam met ‘n pous bid sedert Henry die Agtste se paaie 500-jaar gelede met Rome geskei het.
Koning Charles en Pous Leo maak geskiedenis deur saam te bid