Skip to content

Koning Charles bring hulde aan humanitêre werkers in sy Paasfeesboodskap

# Koning Charles het hulde gebring aan humanitêre werkers wat ander beskerm in oorloggeteisterde lande. In ’n boodskap wat deur Buckingham Palace uitgereik is, sê die Britse monarg en hoof van die Anglikaanse Kerk, dit is een van die raaisels van die mensdom hoe mense beide groot wreedheid en groot barmhartigheid kan vertoon. Hy sê hierdie paradoks van die menslike natuur kom ook deur in die Paasverhaal. Die mensdom sien verskriklike beelde van menslike lyding, maar ook heldedade in oorloggeteisterde lande waar humanitêre werkers hul lewens waag om ander te beskerm.