# Klimaatverandering is tans, naas ooruitbuiting en habitat verswakking, die derde-grootste bedreiging vir die aarde se natuurlewe. Dis volgens ‘n nuwe studie wat in die joernaal BioScience, gepubliseer is nadat meer as 70-duisend spesies wilde diere ontleed is. Klimaatverandering bedreig sowat vyf-persent van die spesies wat ontleed is. Daar is gevind dat klimaatverandering toenemend ongewerwelde seediere, soos weekdiere, seesterre, koraal en die koningkrap, negatief raak, deels weens aardverwarming.
Klimaatverandering nou onder voorste drie bedreigings van natuurlewe