# Byna tweederdes van gebiede in Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande waar piesangs verbou word, gaan teen 2080 nie meer vir dié doel geskik wees nie. Dit is volgens Christian Aid se nuwe verslag: Going Bananas: How Climate Change Threatens the World’s Favourite Fruit. Piesangs is die wêreld se gewildste vrug en vierde belangrikste voedselgewas naas koring, rys en mielies. Volgens die verslag beïnvloed stygende temperature, uiterste weerstoestande en klimaatverwante plae lande soos Guatemala, Costa Rica en Colombia waar piesangs verbou word.
Klimaatsverandering bedreig die toekoms van die wêreld se gewildste vrug, die piesang