Skip to content

Klimaatkommissie waarsku SA ondervind toenemende gevare sonder dringende klimaatsoptrede

# Die Presidensiële Klimaatkommissie waarsku Suid-Afrika loop die gevaar van toenemende risiko’s sonder dringende klimaatoptrede. Die kommissie sê in sy konsep-aanbevelings vir die land se klimaatsteikens temperatuurstygings sal lei tot ‘n vermindering in mielieproduksie en watertekorte, wat voedselbeskikbaarheid sal raak. Suid-Afrika kan teen die einde van die eeu temperatuurstygings van tussen twee en vyf grade Celsius ondervind. Die kommissie sê die geleentheid om op te tree is besig om verby te gaan, en doen ‘n beroep vir spoedige instelling van veerkragtige versagting-strategieë.