Skip to content

Klein ondernemings baat by SANParke se befondsingsprogram van meer as R50-miljoen

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê meer as 50-miljoen-rand is bestee aan klein ondernemings wat goedere en dienste binne sy verkrygingsekosisteem verskaf. In vennootskap met Sanlam, en die “I am an Entrepreneur”-program , help die rentevrye lenings, ondernemings om bestellings te lewer en kontantvloei te bestuur. Die inisiatief, wat in 2023 as ‘n proefprojek van tien-miljoen-rand begin het, het gehelp om werk te skep, ondernemings te laat groei, en ekonomiese inklusiwiteit te ondersteun. SANParke bly verbind tot die uitbreiding van toegang tot finansiering vir meer klein ondernemings.