# Die Rammolai-stigting gaan nog ‘n veldtog van stapel stuur om sanitêre doekies en toiletware by skole in en om Pretoria-Noord te versprei. Motlomo Ramatlo het die stigting op die been gebring nadat hy besef het talle leerlinge raak agter weens die gebrek aan basiese artikels. Die stigting het in sy eerste bestaansjaar meer as 800 minderbevoorregte kinders van benodigdhede voorsien. Ramatlo sê die stigting voorsien egter nie net in fisiese behoeftes nie, maar bou selfvertroue en moedig leerlinge aan om skool toe te gaan en groot te droom.
Die Rammolai-stigting sit werk voort om welstand van kinders in Pretoria-Noord te verbeter