# Twee leeus is by Huntington in Bosbokrand, Mpumalanga, van kant gemaak ná ‘n weeklange optrede deur Mpumalanga-toerisme, SANParke en hul vennote. Die diere het vee gevang. SANParke se woordvoerer, Simphiwe Shingube, sê die digte plantegroei en die voortgesette bedreiging teen beeste het hulle genoop om die moeilike besluit te neem. Owerhede het Donderdag ‘n derde leeu gevang. Shingube sê ‘n nóg ‘n leeu is opgemerk en inwoners moet hulle inlig as hulle hom gewaar en nie self optree nie.
Twee leeus by Bosbokrand van kant gemaak nadat hulle vee vang