Skip to content

Kieserslys oorskry 29-miljoen ná suksesvolle registrasienaweek [KLANK]

# Die Verkiesingskommissie sê die kieserslys het tot meer as 29-miljoen gegroei in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Byna twee-miljoen kieserregistrasies is tydens die laaste registrasienaweek aangeteken, insluitend bykans 292-duisend nuwe registrasies. KwaZulu-Natal het die hoogste deelname aangeteken, gevolg deur Gauteng en die Oos-Kaap. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê meer as 750-duisend nuwe kiesers is tydens die twee registrasie-naweke bygevoeg:

ENG MamaboloOnVoters