Skip to content

Khumalo sê Mogotsi het Matlala aangespoor om ANC-lidmaatskap te befonds om kiesersteun te verseker [KLANK]

# Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, sê WhatsApp-boodskappe onthul die sakeman Brown Mogotsi het druk geplaas op die omstrede Vusimuzi “Cat” Matlala vir befondsing om ANC-lidmaatskap in twee streke te dek. Die boodskappe is aan die Madlanga-kommissie in Pretoria voorgelê en toon Mogotsi het Matlala gewaarsku versuim om te betaal kan kiesers vervreem. Volgens Khumalo dui die boodskappe aan dat finansiële bydraes gebruik is om politieke uitkomste te beïnvloed, terwyl Matlala se onderneming en beweerde bande met ‘n kartel ondersoek word:

ENG KhumaloOnANCFunds