# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê groter mededinging in betalingsdienste kan vernuwing bevorder en koste verlaag, maar die wetsraamwerk moet bybly. Hy het tydens die Bank-betalingskonferensie gesê diensverskaffers buite die tradisionele banksektor behoort toegelaat te word om sekere dienste te bied sonder om aan dieselfde vereistes te voldoen. Kganyago sê die voorgestelde magtigingsraamwerk sal verseker die reëls en vereistes word by die risiko-vlak aangepas, terwyl bedryfs-veerkragtigheid gehandhaaf word om verbruikers te beskerm:
Kganyago steun groter mededinging met strenger reëls vir betalingsdienste [KLANK]
ENG-KganyagoOnInstitutions