# Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê daar is geen rede om die verlaging van Suid-Afrika se inflasieteiken tot drie-persent uit te stel nie, ondanks druk van krag- en watertariewe en salaris-ooreenkomste. Hy het aan Reuters gesê dit sal vordering vertraag om te wag dat meerjarige salaris-ooreenkomste verstryk. Kganyago hou vol die huidige teikenband van drie tot ses persent is verouderd en onmededingend. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het nog nie die verandering geformaliseer nie, maar Kganyago sê markvertroue en dalende effekte-opbrengste steun die skuif.
Kganyago sê daar is geen rede om die verlaging van Suid-Afrika se inflasieteiken na 3% uit te stel nie