# ‘n Video waarin gesien word hoe ‘n kat dwelms insmokkel by ‘n tronk in Costa Rica, is wyd gedeel op sosiale media. Owerhede het die kat by die Pococi-gevangenis onderskep. Daar was 236 gram dagga, 68 gram heroïen en rolletjies papier aan sy rug vasgemaak. Amptenare het op die dwelms beslag gelê en die kat is aan dierebeskermingseenheid oorhandig. Die gebruik van katte as dwelmmuile vorm deel van ‘n groeiende neiging onder smokkelaars. Diere is ook in Panama en Sri Lanka gevang toe hulle dwelms ingesmokkel het.
Kat word muil en smokkel dwelms in by tronk