# Kardinale het in die Vatikaanstad bymekaargekom en hulself afgesonder ter voorbereiding vir die verkiesing van ’n nuwe pous ná Franciskus se dood op 21 April. Die kardinaalsvergadering wat vandag in die Sistynse Kapel begin, behels 133 kardinale onder die ouderdom van 80. Kardinaal William Seng Chye Goh van Singapoer sê hulle sal afgesonder bly en streng geheimhoudingsprotokol handhaaf totdat ’n opvolger met ’n twee-derde meerderheid verkies is:
Kardinale sonder hulle af voor die begin van die kardinaalsvergadering [KLANK]
ENG-GohOnConclave