Skip to content

Kanada lê klagte by Wêreldhandelsorganisasie oor Amerikaanse tariewe op motorinvoere

# Kanada het ‘n klagte by die Wêreldhandelsorganisasie gelê oor die swaar tariewe wat Amerikaanse president Donald Trump ingestel het op motorinvoere. Die organisasie sê Kanada het die Verenigde State gevra vir konsultasies oor geskille rondom Amerikaanse maatreëls wat ‘n belasting van 25-persent op Kanadese motors en motoronderdele plaas. Kanada se regering het in sy versoek beweer die tariewe is teenstrydig met die Verenigde State se verpligtinge onder internasionale handelswette.