Skip to content

Kanada gereed om onderhandelinge met Amerika te verskerp na Trump se nuwe 50%-handelstarief

# Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy regering is gereed om in die komende weke handelsamesprekings met Amerika te verskerp. President Donald Trump het ʼn tarief van 50-persent ingestel op ʼn wye reeks produkte wat van Kanada ingevoer word uit vergelding vir wat hy noem ongelyke behandeling van Amerikaanse voertuig-, suiwel- en alkohol-produkte. Carney sê Kanada glo in die voordele van vrye en regverdige handel. Hy sê hy sal dringend die bestaande probleme met Amerika bespreek tot die gemeenskaplike voordeel van landsburgers.