# Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme het die Kabeljous Natuurreservaat in die Kouga-streek in die Oos-Kaap amptelik as ‘n beskermde gebied verklaar. Dit volg ná meer as 25 jaar se voorspraak. Die reservaat beskerm die seldsame Humansdorp-skalierenosterveld, wat ‘n unieke soort plantegroei is en slegs in die Oos-Kaap voorkom. Dit is ook die tuiste van 16 bedreigde plantspesies en bedreigde voëls soos die Witkruisvleivalk. Die Departement sê hierdie nuwe status sal beskerming teen stedelike uitbreiding en habitatverlies bied.
Kabeljous Natuurreservaat amptelik verklaar as beskermde gebied