# Om die 2025 Skoonmaak- en Herwinningsweek in Suid-Afrika te vier, het Kaapstad ʼn reeks vernuwende, gemeenskapsgeleide toetsprojekte bekendgestel om vullis te verminder en te herwin. Opruiming behels meer as net die optel van vullis − dit gaan oor die beskerming van die planeet en gemeenskappe. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê huishoudings skep die meeste afval, maar in baie gebiede, veral plakkerskampe, is daar ʼn gebrek aan doeltreffende herwinning of uitsorterings-opsies: