# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hulle maak vordering met hulle foto-voltaïese sonkragaanleg van 200-miljoen-rand in Atlantis. Sowat twee-duisend-400 van die beplande 12-duisend-850 sonpanele, wat teen die einde van die jaar krag aan die plaaslike netwerk sal verskaf, is reeds geïnstalleer. Hill-Lewis sê hierdie aanleg kan potensieel tot tien megawatt by die plaaslike netwerk voeg. Hy sê hulle sal die aanvanklike sewe megawatt teen die einde van die jaar aan ʼn nabygeleë hoofsubstasie koppel:
Kaapstad se foto-voltaïese sonkragaanleg spog al met 2 400 panele [KLANK]
ENG GeordinonSolarPV