# Die Stad Kaapstad sê hy het sy eerste sonkragaanleg van 200-miljoen-rand in Atlantis byna klaar gebou. Altesaam 12-duisend-850 sonkragpanele sal teen die einde van die jaar krag by die plaaslike netwerk voeg. Die Atlantis-aanleg sal as gemengde aanleg saam met die metro se eerste batteryberging op nutskaal bedryf word en agt megawatt lewer. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê hierdie projek het belê in die verbetering van die plaaslike arbeidsmag se vaardighede en om sakegeleenthede in die hernubare-energiesektor te skep.
Kaapstad se eie sonkragaanleg in Atlantis is byna voltooi