# Die Stad Kaapstad gaan oor die volgende drie jaar na raming 71,2-miljard-rand aan energieprojekte bestee. Dit sluit in die opgradering van die Steenbras-kragaanleg, uitbreiding van sy fotovoltaïese vermoë, en LED-straatligte. Daar sal ook belê word in infrastruktuuropgradering in areas soos Bellville en Gugulethu, en ʼn battery-bergingsfasiliteit in Atlantis. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die metro ondersteun die kragnetwerk se veerkragtigheid, ingebedde opwekking, batteryberging en meterinfrastruktuur.
Kaapstad oormerk R71,2-miljard om energiesekerheid en sonkraguitbreiding te bevorder