Skip to content

Kaapstad onthul sakeplan om passasierspoorgbedrywighede oor te neem

# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad wil die eerste in Suid-Afrika word om plaaslike passasierspoorvervoer oor te neem. Die stad het pas ‘n omvattende spoorwegsakeplan ter tafel gelê wat uiteensit hoe die netwerk herstel, uitgebrei en met ander openbare vervoer geïntegreer kan word. Die plan identifiseer die drie mees lewensvatbare afwentelingsmoontlikhede, wat almal deelname deur die privaatsektor behels. Hill-Lewis sê afwenteling is ‘n belangrike stap in die rigting van bekostigbare, geïntegreerde en betroubare openbare vervoer vir Kapenaars.