# Kaapstad sal na verwagting teen 2040 moet plek maak vir ‘n bykomende 50-duisend inwoners in die middestad. ‘n Konsep-Plaaslike Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk is daarom ingestel om aan die vraag te voldoen. Dit sal fokus op die verbetering van beweeglikheid, optimale grondgebruik en meer ontwikkelings vir gemengde gebruik. Onder-burgemeester Eddie Andrews sê openbare deelname sal ‘n integrale deel van die plan wees om te verseker dis in ooreenstemming met die gemeenskap se behoeftes. Die stad ondersoek ook grootskaalse projekte soos Milkwood City om breër behuisingsuitdagings aan te pak.
Kaapstad beplan vir 50-duisend nuwe inwoners in stadskern teen 2040