# Die Kaapse Forum sê hy win regsadvies in oor die moontlikheid om Boland-rugby-unie se Top 12-uitspeelwedstryde van sy Groot Uitdaagbeker-kompetisie te keer. Klubs is volgens berigte ontevrede omdat ondersoeke na beweerde omkopery van skeidsregters nog nie afgehandel is nie. Heindrich Wyngaard van Kaapse Forum sê die bewerings hou verband met klubs wat blykbaar sommige skeidsregters, veral in die Groot Uitdaagbeker-kompetisie, omkoopgeld aangebied het om wedstryde se uitslag te beïnvloed:
Kaapse Forum wil Boland Rugby-kompetisie keer weens omkoop-bewerings [KLANK]
AFR HeindrichonCompetition