# Die jongste Standard Bank-Jeugbarometer dui aan jong Suid-Afrikaners is onder groot finansiële druk maar bly steeds finansieel slim. Die meeste jong mense tussen 18 en 35 bestee meer as helfte van hulle inkomste op noodsaaklikhede soos kruideniersware, huur en vervoer. Omtrent 73-persent koop tweedehandse motors en meer as 65-persent koop die voertuie sonder ‘n deposito. Alhoewel 26-persent van mense met begrafnispolisse onder 35 is, het slegs 16-persent lewensversekering. Byna 40-persent van nuwe huislenings word vir mense onder 35 goedgekeur.
Jong Suid-Afrikaners onder groot finansiële druk maar handhaaf dissipline