# Johannesburg se burgemeester Dada Morero verwelkom die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verslag en aanbevelings oor Gauteng se water- en sanitasiekrisis. In die nege munisipaliteite wat water in die provinsie voorsien, het die kommissie dieselfde probleme gevind: verouderende en vervalle infrastruktuur, hoë waterverlies-vlakke, onvoldoende opgaar- en pomp-kapasiteit, en mislukkings in munisipale verspreidingstelsels. Morero sê die metro het sowat 13-miljard-rand nodig om sy verouderde waterinfrastruktuur te vervang en reuse-waterverliese te voorkom. Hy onderneem om die Menseregtekommissie se agt aanbevelings in te stel.
Johannesburgse burgemeester wil Menseregtekommissie se water- en sanitasie-aanbevelings instel