# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, is ontevrede met die Stad Johannesburg se vorderingsverslag, en gaan die Tesourie opdrag gee om die oordrag van fondse na die metro te staak. Hy het in ʼn brief aan burgemeester Dada Morero gesê die stap volg nadat die metro ʼn onbefondsde begroting aanvaar het, en sy voortslepende versuim om verkwistende besteding teen te werk. Johannesburg skuld Eskom 3,7-miljard-rand en Rand Water 1,2-miljard-rand. Godongwana gee die metro tot môre tyd om te verduidelik waarom die oordrag van fondse moet voortgaan.
Johannesburg moet teen môre verduidelik waarom Tesourie nie oordrag van fondse moet staak nie