Skip to content

J&J bied R92,3-miljard om meer as 70-duisend babapoeier-sake te skik

# Johnson and Johnson het sowat 92,3-miljard-rand aangebied om dagvaardings te skik in verband met sy babapoeier en ander produkte wat talk-poeier bevat. Dit veroorsaak na bewering ovariumkanker. Die skikking dek ongeveer 76-duisend eise. Die maatskappy sal volgende jaar tot 50,25-miljard-rand betaal en meer in 2028. Die visepresident vir litigasie, Erik Haas, sê hulle glo hulle sou uiteindelik verdere hofsake wen, maar hierdie oplossing stel die maatskappy in staat om die saak agter te laat en te fokus op die ontwikkeling van medisyne en toestelle wat lewens red.