# Die Inkatha-Vryheidsparty vra Afrika-regerings om hul samewerking te gee met die bespoediging van die bevestiging en repatriasie van buitelandse burgers wat huis toe wil gaan. Die party vra kalmte voor Dinsdag se beplande betogings en beklemtoon openbare orde moet gehandhaaf word. Die IVP sê ongedokumenteerde migrante moet wettig verwerk word, terwyl diegene met strafregtelike aanklagte teen hulle in Suid-Afrika moet bly vir behoorlike regstappe. Die party vra ‘n gebalanseerde benadering wat soewereiniteit, wetstoepassing en grondwetlike regte handhaaf.
IVP vra gekoördineerde repatriasie voor 30 Junie-betogings