# IVP-president, Velenkosini Hlabisa, sê die party het ʼn groot nalatenskap en ʼn getuienis van volharding en integriteit. Die party het gister sy 50ste herdenking by die Prins Mangosuthu Buthelezi-stadion in Ulundi, in Noord-KwaZulu-Natal gevier. Die vieringe het op ʼn hartseer noot begin toe ʼn bus met ondersteuners op pad na die stadion op die R34 naby Vryheid omgeslaan het. Altesaam 22 mense is beseer. Hlabisa sê die IVP se rol in Suid-Afrika se soeke na vryheid, eenheid en demokrasie kan nie onderskat word nie:
IVP-president sê party het onmeetlike bydrae tot Suid-Afrika gelewer [KLANK]
ENG HlabisaOnIFP