# Die Nasionale Lotery-operateur, ITHUBA, ontken bewerings op sosiale media wat daarop sinspeel dat slegs Absa- en FNB-kliënte groot pryse wen. ITHUBA sê trekkings word billik uitgevoer, onafhanklik geoudit en kan nie beïnvloed word nie. ITHUBA verduidelik 60-persent van kaartjies word via banke gekoop en dit weerspieël digitale groei, nie vooroordeel nie. ITHUBA het sedert 2015 meer as 15,4-miljard-rand tot die Nasionale Loterye Verspreidingstrustfonds bygedra.
ITHUBA verwerp bewerings oor partydigheid met banke in lotery-wengeld