Skip to content

Italië herwin werke van Renoir, Cézanne en Matisse wat uit ’n museum gesteel is

# Die Italiaanse polisie het drie skilderye deur die Franse meesters Paul Cézanne, Pierre-Auguste Renoir en Henri Matisse teruggevind, wat in Maart uit ‘n museum naby Parma gesteel is. Die kultuurerfeniseenheid van die Carabinieri het die kunswerke teruggevind na ‘n ingewikkelde ondersoek. Die kunswerke se gekombineerde waarde word op meer as 168-miljoen-rand geraam. Die polisie het ook beeldmateriaal vrygestel wat wys hoe twee gemaskerde inbrekers deur ‘n venster die Magnani Rocca-stigting inklim en die skilderye in minder as drie minute steel. Die herwonne werke sluit in Cézanne se Beker en Bord met Kersies, Renoir se Die Vis, en Matisse se Odalisk op die Terras.