Skip to content

IT-maatskappy Nvidia bereik wêreldmylpaal met R72-duisend-miljard in markwaarde

# Die rekenaarskyfievervaardiger Nvidia se markkapitalisasie het ‘n rekord vier-duisend-miljard dollar, gelyk aan net meer as 72-duisend-miljard-rand bereik, wat die eerste maatskappy in die wêreld is om die mylpaal te bereik. Aandele van die vooraanstaande skyfie-ontwerper het met 2,8-persent gestyg tot ‘n algehele hoogtepunt van net meer as twee-duisend-959-rand danksy ‘n voortdurende vraag na kunsmatige intelligensie-tegnologie. Nvidia se stygende markwaarde benadruk Wall-straat se vertroue in die vinnige groei van KI. Die maatskappy se hoë-prestasie-skyfies is die ruggraat van die tegnologiese vooruitgang.