Skip to content

Israelse drukgroep vra Trump moet Nobelprys vir Vrede wen

# ‘n Israelse drukgroep wat hom beywer vir die vrylating van gyselaars in Gaza vra dat die Nobelprys vir Vrede toegeken word aan die Amerikaanse president, Donald Trump, vir sy vasberadenheid om vrede te bewerkstellig in die Midde-Ooste. Die forum skryf in ‘n brief aan die Noorweegse Nobel-komitee Trump het moontlik gemaak wat baie as onmoontlik beskryf het. Onderhandelings het gister tussen Israel en Hamas begin, gegrond op ‘n 20-punt-plan wat Trump verlede week aangekondig het.