Skip to content

IRV sê minister Meth moet haarself skaam oor werksverliese

# Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge sê die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, moet haarself skaam en nie besorg wees nie,  oor die poste wat verlore gaan by maatskappye soos ArcelorMittal, Ford, en Goodyear. Die IRV blameer jarelange ANC-beleide, insluitende streng arbeidswette en minimumloon-reëls vir die groter werkloosheid. Hermann Pretorius van die instituut vra die regering om die kwotas vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging te skrap en verdere verhogings in die minimumloon  en regulasies vir arbeidhervorming te beeïndig.