# Iran beplan om met tussenposes watertoevoer na Teheran se bevolking van 10-miljoen af te sny te midde van die ergste droogte in dekades. Plaaslike amptenare sê vanjaar se reënval in die hoofstad was die laagste in ‘n eeu. Die helfte van Iran se provinsies het vir maande nie ‘n druppel reën gekry nie. President Masoud Pezeshkian waarsku Teheran sal moontlik ontruim moet word as dit nie voor die einde van die jaar reën nie. Die belangrike Amir Kabir-dam, een van vyf reservoirs wat die hoofstad bedien, is besig om op te droog.