# Die Internasionale Organisasie vir Migrasie sê migrante-sterftes het in die eerste vier maande van vanjaar tweevoudig toegeneem langs die Sentrale Middelandse See-roete, en dis drie keer meer as verlede jaar langs die Oostelike Middelandse See-roete. Altesaam 821 mense is dood of vermis langs die sentrale roete – ‘n toename van 111-persent – terwyl 244 mense langs die oostelike roete dood is – ‘n styging van 259-persent. Die organisasie sê uiterste weer, konflikte, ekonomiese druk en veranderings in beleid het migrasie in verskeie streke omvorm.
IOM sê migrante-sterftes het skerp gestyg weens weerstoestande, konflikte en migrasiebeleide